Sny, kleur, blaas en behandelings — vir mans, vrouens en kinders. Bespreek aanlyn wanneer dit jou pas, ook ná ure.

Geen heen-en-weer boodskappe nie. Maak die bespreek-app oop, kyk wanneer daar plek is, en kies. Jou foon herinner jou 'n uur voor die tyd.
Ook Sondagaand elfuur. Die kalender wys presies wat oop is, en niemand anders sien jou besonderhede nie.
Voeg jou kinders, jou vrou of jou man by jou rekening en bespreek vir hulle sonder om uit te teken.
'n Uur voor die tyd pieng jou foon. Verander of kanselleer iets, laat weet ons jou dadelik.
Die pryse hieronder kom regstreeks uit die salon se eie lys, so wat jy hier sien, is wat vandag geld. Lang of baie dik hare kan meer produk verg — Tuannette sê altyd vooraf.
Laai die pryslys…
Vra by jou volgende afspraak, of kies dit in die app terwyl jy bespreek — dan sit Tuannette dit vir jou eenkant. Jy betaal in die salon.
Skep een keer 'n rekening, en daarna bespreek jy in twintig sekondes.